Foto bo vlnr: Alicia van Wyk en Johané Schon

Hoërskool Noord-Kaap neem jaarliks aan die ATKV se Afrikaans-olimpiade  deel. Hierdie jaar het ons leerders weer uitstekend presteer.

Johané Schon  (graad 11) en Alicia van Wyk (gr. 12) het in die Huistaalafdeling deelgeneem. Johané eindig  5e in die Noord-Kaapprovinsie en Alicia 3e. Alicia is ook onder die top 100 op nasionale vlak.

Shasta-Leigh Adams (gr. 11),  Kaylen vn Wyk (gr. 12), Gavin Swartz (gr. 10), Jessica Fourie (gr. 10) en Fadiel Green (gr.10) het in die afdeling vir  Afrikaans Addisionele Taal deelgeneem en eindig almal onder die top 10 in die provinsie.

Baie geluk aan al hierdie leerders. Julle maak Hoërskool Noord-Kaap trots!

Foto’s verskaf

Vlnr: Shasta-Leigh Adams, Kaylen van Wyk en Gavin Swartz
Vlnr: Fadiel Green en Jessica Fourie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article