Hoërskool Hoopstad is trots om die uitstaande prestasies van sy leerders by die gesogte Math Buzz Olimpiade in Klerksdorp aan te kondig. Hierdie kompetisie toets wiskundige vaardighede en probleemoplossingsvermoë op internasionale vlak, en die Hoopies het met glans presteer:
- Jakobus de Wet – bronsmedalje vir Abakus én ’n bronsmedalje vir Buzz.
- Miané Serfontein – Silwer medalje vir Abakus en ’n trofee vir Dictation.
- Bradley Badenhorst – Deelgeneem op Vlak 10; verwerf ’n silwer medalje vir Abakus én ’n silwer medalje vir Buzz.
- Ian Malherbe – Deelgeneem op Vlak 10; wen ’n goue medalje vir Abakus en ’n brons medalje vir Buzz.
- Anje Saunders – Deelgeneem op Vlak 5; behaal ’n Brilliant trofee (2de plek) én ’n Mental Maths trofee.
- Louchelle Grobbelaar – Deelgeneem op Vlak 8; verwerf ’n Brilliant trofee (2de plek).
Hierdie prestasies weerspieël die harde werk, toewyding en talent van Hoopstad se leerders. Die skoolgemeenskap is uiters trots op elke deelnemer wat die naam van die Hoopies met soveel trots en uitnemendheid gedra het.
Baie geluk aan al die medaljewenners en trofeehouers – julle is ware ambassadeurs van Hoërskool Hoopstad!
https://www.hshoopstad.com/






