Potchefstroom Gimnasium is trots om aan te kondig dat Deidré van Rensburg van 18 September tot 1 Oktober deel uitmaak van die Protea o.19‑vrouekrieket oefenkamp.
Hierdie uitnodiging is ’n duidelike erkenning van Deidré se talent, harde werk en toewyding aan die spel. Sy kry die geleentheid om saam met van Suid‑Afrika se voorste jong krieketspelers te oefen en haar vaardighede verder te ontwikkel op die hoogste vlak van jeugkrieket.
Die Gimmie‑gemeenskap staan vierkantig agter haar en wens haar alle sterkte toe vir die oefenkamp. Baie geluk, Deidré – jou prestasie is ’n inspirasie en ’n trotse oomblik vir Potchefstroom Gimnasium!
Foto verskaf






