Hoërskool Hoopstad is trots om aan te kondig dat verskeie van ons landloopatlete gekies is vir die Lejweleputswa-span. Hulle verteenwoordig die streek op 15 Augustus tydens die Vrystaat-kampioenskappe in Bloemfontein.
Ons atlete:
- o.8: Ignus Blom, PD Wessels, Elmaret de Heyn, Joharette Campher, Mila van Zyl
- o.10: Thinus le Roux
- o.11: Marnus Campher, Merwie van Wyk
- o.12: Amy Enslin
- o.15: Ian Ferreira
- o.17: Lize van Biljon
Ons wens elke Hoërskool Hoopstad atleet alle sterkte toe – geniet die ervaring en gee julle beste! ’n Spesiale woord van dank aan tannie Annel Ferreira vir haar toewyding en harde werk, asook aan al die atlete wat met deursettingsvermoë en ywer geoefen het.
Hoopies is baie trots op elkeen van julle!
Foto’s verskaf






