Drie van Hoër Landbouskool Marlow in Cradock, se top skuts en hul afrigter het die afgelope vakansie in Finland aan die Internasionale Metaal Silhoeët Skietkampioenskappe deelgeneem as deel van die Suid-Afrikaanse Protea-span.
Die span het op Saterdag 4 Julie 2026 vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe via Istanbul na Helsinki vertrek en daarna na Vierumäki gereis vir hul verblyf tydens die kompetisie.
Hierdie kampioenskappe is deur die wêreld se beste spanne bygewoon en die gehalte van deelname was uitmuntend. Die Wolramme het egter hul merk gemaak en die internasionale veld behoorlik laat les opsê.
Prestasies behaal
- Niel Scheepers (Hilux) – Vier keer 3de plek in senior klasse 2de in Junior-kategorie (ligte teleskoop & aggregaat)
- Gary Marx (Sappie) – 1ste in vier Junior-kategorieë (ligte teleskoop, Silhoeët, produksie luggeweer, aggregaat)
- Charlie-Ben van Schalkwyk – 2de in twee Junior-kategorieë 3de in aggregaat
Hierdie jong manne het nie net in die Junior-afdeling uitgestaan nie, maar ook in die algehele senior klasse.
Wêreldkampioene
Wat hierdie prestasie besonders maak, is dat die drie Junior-skuts 1ste, 2de én 3de geëindig het – ’n ware wêreldoorwinning vir Hoër Landbouskool Marlow en Suid-Afrika!
Spesiale erkenning aan Hilux, wat vier keer ’n senior 3de plek behaal het – ’n bewys van sy toewyding en talent.


Foto verskaf







You must be logged in to post a comment.