Ryan Martin van Hoërskool Goudveld in Welkom, het met sy perde,  Kadush en Volmoed Astrant, 4 eerste plekke, ‘n derde plek en ‘n vierde plek behaal in die 80cm en 90cm Showjumping.

Hy wen die 80cm Showjumping  Kampioenskappe en word as die Victor Ludorum vir 80/ 90 cm Showjumping gekies.

Die prestasies is behaal tydens die SA Showjumping Children’s Kampioenskappe wat  aangebied is te Cornerstone in Pretoria op 31 Oktober 2020.

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article