Foto vlnr: Mia Davel, Carla Ferreira, Ziné Jacob, Deidre van der Meyden, Kayla van der Meyden, Helené Lotz

Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie.

Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas. Die o/14’s se toer vind plaas te Witbank Hockey Farm, die o/16’s te Pretoria Hartveld en die o/18’s se toer vind in Johannesburg te Dainfern College plaas.

Die name van elke leerder in hul onderskeie spanne:

o/14: Helené Lotz – Green Mamabas (B-span)
Mia Davel – Green Mambas (B-span)
Ziné Jacob – Yellow Mambas (C-span)

o/16: Deidre van der Meyden – Green Mambas (B-span)
Kayla van der Meyden – Green Mambas (B-span)

o/18:  Carla Ferreira – Black Mambas (A-span)

Baie sterkte aan ekeen van die dogters. Hoërskool Ermelo wens vir julle alle seën toe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article