Hoërskool Garsfontein Skitter by TUT Top 12 Atletiek
Hoërskool Garsfontein Skitter by TUT Top 12 Atletiek

Hoërskool Garsfontein skitter by TUT Top 12 Atletiek


Hoërskool Garsfontein, Pretoria, het met uitmuntende prestasies die sesde plek algeheel uit 28 skole verower tydens die gesogte TUT Top 12 Atletiekbyeenkoms.

Hoërskool Garsfontein se atlete het nie net medaljes ingepalm nie, maar ook verskeie rekords verbeter – ’n bewys van hul talent, toewyding en harde werk.

Goue medaljes

  • Lohan de Lange – Spiesgooi S17 | 70,51 m | Nuwe SA o/18‑rekord
  • Allené Theunissen – Spiesgooi D16 | Nuwe TUT‑rekord
  • Niela Gerson – Spiesgooi D17 | Nuwe TUT‑rekord
  • Annebelle van der Mecht – Spiesgooi D14 | Nuwe TUT‑rekord
  • Ewan Coetzer – 3000 m S15

Silwer medaljes

  • Rehan Groenewald – 800 m S14
  • Lianné van Rensburg – Spiesgooi D17
  • Heinrich Weiss – Spiesgooi S15
  • Ewan Coetzer – 1500 m S15
  • Megan Maree – 100 m hekkies D17
  • Lisa du Plessis – Hoogspring D17

Brons medaljes

  • Allené Theunissen – Verspring D16
  • Wian Badenhorst – Gewigstoot S14
  • Chandri Meyer – Gewigstoot D17
  • Jenevieve Oosthuysen – Spiesgooi D16
  • Juandré Schutte – Spiesgooi S17

Hierdie prestasies bevestig Hoërskool Garsfontein se plek as ’n krag in skole-atletiek en as ’n trotse verteenwoordiger van Pretoria.

https://www.garsies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article