Laerskool Truida Kestell se o.11A- en o.13A-krieketspanne het die afgelope naweek uitmuntende krieket tydens die jaarlikse Alberton aandreeks gespeel. Hulle het aan Laerskool Orion se aandreeks in Alberton deelgeneem.
Die drie dae lange toernooi het strawwe kompetisie van verskeie skole oplewer. “Truidjies” het egter van die begin af hul stempel afgedruk. Die o.11A- en o.13A-spanne het albei daarin geslaag om hul onderskeie kragmetings teen Leeuwenhof Akademie te wen.

Die o.11A-span het ’n onoorwonne naweek beleef deur al drie hul uitspeelwedstryde in die aandreeks te beklink. Hul uitstekende spel het ‘n klimaks bereik in die eindstryd, waar hul die kragmeting bekwaam beklink het. Hulle is as die amptelike o.11A-toernooiwenners van die jaarlikse Alberton-Aandreeks bekroon.

Die o/13A-span het ook gesorg vir indrukwekkende krieket deur twee van hul drie uitspeelwedstryde te wen. Hierdie stewige vertoning het aan hulle ‘n verdienstelike algehele vyfde plek in die toernooi besorg.
Die skoolgemeenskap en afgerigters het hul trots teenoor die spelers uitgespreek en hul gelukgewens met hul toewyding, sportmanskap en die spogresultate wat hulle behaal het.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.