Daniël du Toit (links) en Enchanté du Preez (regs).

Hoërskool De Aar se 2019 matriekklas het uitstekend presteer! Hierdie skool spog met ‘n 98,7% slaagsyfer.

Vyf leerders, Vuyokazi Mdebuka, Mouritz Erasmus, Thandokazi Ntozini, Mari Pretorius en Courtney Campbell  het gemiddelde B-simbole behaal en 73% van die leerders het Universiteits-toelating. Verder is 51 vak A-simbole deur hierdie leerders behaal!

Daniël du Toit het ‘n gemiddeld van 88% behaal met 7 vak A-simbole. Hy is ook deel van die top 20 presteerders in die Noord-Kaap. Enchanté du Preez het ‘n gemiddeld van 86% behaal met 7 vak A-simbole. Sy is ook deel van die top 20 presteerders in die Noord-Kaap.

Bernard Venter het ’n gemiddeld van 83% behaal met 5 vak A-simbole.

Surina le Roux het ’n gemiddeld van 82% behaal met 5 vak A-simbole.

 

Baie geluk aan elke presteerder!

Bernard Venter (links) en Surina le Roux (regs)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article