Hoërskool Brackenfell is supertrots op hul twee leerders wat deelgeneem het aan die Internasionale Toutrek Klub Kampioenskappe vanaf 26 tot 31 Augustus te Kuala Lumpur, Maleisië.   Aimee Coetzee en Jackie Brand het gesamentlik sewe goue medaljes huistoe gebring.  Baie geluk aan hierdie leerders met hul uitstekende prestasies!!

Prestasies behaal by dié kompetisie deur Jackie Brand en Aimee Coetzee is soos volg:

Jackie Brand – Goue medalje by die 540kg dames indoor afdeling

Goue medalje by die 540kg dames afdeling

Goue medalje by die 540kg dames o/23 afdeling

 

Aimee Coetzee – Goue medalje by die 540kg dames indoor afdeling

Goue medalje by die 540kg dames afdeling

Goue medalje by die 540kg dames o/23 afdeling

Goue medalje by die 480kg dames o/18 afdeling

Vlnr: Aimee Coetzee en Jackie Brand.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article