Kyla Dames, Hannah Gildenhuys en Emma Swan van Hoër Meisieskool Paarl het vanaf 30 November tot 7 Desember deelgeneem aan die ‘Australia Indoor Netball Junior Nationals’ wat in Toowoomba, Australië gehou is. Hulle was deel van die o.14 WP span wat in Maart 2019 die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale aksienetbaltoernooi gewen het, en derhalwe as SA kampioene genooi is om in die Australiese toernooi deel te neem.
Die span het uitstekend gevaar en derde plekke behaal in beide die 6’s en 7’s toernooie. Die meisies was ware ambassadeurs vir ons land en is by die Gala aand vereer toe hul aangewys is as die span met die beste sportmangees; hul het elkeen ‘n “Best Sportmanship” medalje hiervoor ontvang.

Well done girls!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article