Van links is Christi en juf. Adéle Dempers, Matilé en juf. Tilde Prinsloo, Rehanjo en juf. Naretha Swanepoel.

Hoër Meisieskool Oranje: Tyd het aangebreek om te groet

Van links is Christi en juf. Adéle Dempers, Matilé en juf. Tilde Prinsloo, Rehanjo en juf. Naretha Swanepoel.

Vir drie Oranje-onnies van Hoër Meisieskool Oranje was Dinsdag se groet van die matrieks so ’n bietjie swaarder. Hulle moes ook afskeid van hulle dogters neem wat die laaste vyf jaar die pad by Oranje saam met hulle gestap het.
Christi, Matilé en Rehanjo het almal onder meer saam koor gesing.
Juff. Prinsloo en Swanepoel het toevallig in dieselfde jaar by Oranje begin skoolgee en Swanpoel en Dempers onderrig albei Engels.
Christi is juf. Dempers se laaste dogter op Oranje.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article