Hoër Meisieskool Oranje se leerders wat van die platteland na Bloemfontein kom om as ’n koshuisbrak by Oranje te begin skoolgaan, kan veeleisend wees, maar ’n klompie van hulle het darem nie alleen hier begin in 2016 nie.
Van links Clarissa Delport en Dorette Nel het hulle eerste skooltree saam by die Laerskool Humansvlakte (Bothaville) gegee. Hulle het in dieselfde registerklas by Oranje opgeëindig.
Van links Clarissa Delport en Dorette Nel het hulle eerste skooltree saam by die Laerskool Humansvlakte (Bothaville) gegee. Hulle het in dieselfde registerklas by Oranje opgeëindig.
Van links Hané Rautenbach en Marjanell van Dyk se skoolloopbaan het saam aan Virginia Volkskool begin.

Van links Dané Visser en Jana Campbell het 12 jaar saam skoolgegaan. Eers aan die Laerskool Stellaland (Vryburg) en daarna by Oranje.

Van links Elani van Pletzen en Joha Ludik was op laerskool by die Laerskool Aliwal-Noord.
Ook in die Oos-Kaap was Zani Vermaak, Bianca van Quickelberge en Hanirize Markötter (afwesig) saam op Laerskool Gill in Somerset-Oos.

You must be logged in to post a comment.