Hoër Meisieskool Bloemhof o.19A Tennisspan Kroonlys Kampioene!
Hoër Meisieskool Bloemhof o.19A Tennisspan Kroonlys Kampioene!

Hoër Meisieskool Bloemhof o.19A Tennisspan Kroonlys Kampioene!


Hoër Meisieskool Bloemhof se o.19A-tennisspan het hul merk gemaak by die Menlo-tennistoernooi! Ná ’n reeks indrukwekkende oorwinnings het die span die finaal teen Paarl Gimnasium met styl 4-0 gewen en is hulle gekroon as die toernooi se kampioene.

Van die groepfase tot die kwarteindstryd, halfeindstryd en uiteindelik die finaal het ons dogters deurgaans tennis van die hoogste gehalte gelewer – met vasberadenheid, spanwerk en ware Bloemhof-gees.

Baie geluk aan elke speler en afrigter wat hierdie prestasie moontlik gemaak het. Julle het Bloemhof se naam met trots en glorie op die tennisbaan verteenwoordig!

https://hmsbloemhof.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article