Hoërskool Kemptonpark het ’n historiese mylpaal bereik. ’n Kempies Dogterskrieket span, vir die eerste keer in die skool se 70‑jarige bestaan, die veld betree het. Die Kempiedogters het hul debuut op die beste moontlike manier gevier – met ’n glansryke 69‑lopie‑oorwinning oor KwaThema.
KwaThema het die loot gewen en eerste geboul. Die Kempies het die geleentheid met selfvertroue aangegryp en ’n indrukwekkende 163/6 in 20 beurte aangeteken. Mieke van Voorst het met ’n briljante 61 lopies uit 44 balle die toon aangegee vir die Kempies-span. Keira Ferreira het met ’n onoorwonne 55* uit 51 balle ’n sleutelrol gespeel. Isla du Toit het ook waardevolle lopies bygedra met haar vinnige 16 uit 9 balle.
Met ’n teiken van 164 het Kempies se boulers die KwaThema‑span onder groot druk geplaas en hulle vir slegs 92 lopies uitgeboender. Carmen Delport was uitmuntend met die bal en het ’n verstommende 4/4 aangeteken – ’n prestasie wat die oorwinning verseël het.
Hierdie oorwinning is meer as net ’n wedstrydtriomf; dit is ’n historiese oomblik wat die pad baan vir toekomstige generasies Kempiedogters. Baie geluk aan ons span – julle het nie net geskiedenis gemaak nie, maar ook ’n nalatenskap van trots en inspirasie geskep.


Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.