Greyt Bash-kriekettoernooi. Vier talentvolle krieketspelers van Hoërskool Fichardtpark is onlangs met groot trots verkies tot die OFS Smart Repair Turbo Boosters-uitnodigingspan. Hulle gaan op 28 en 29 Augustus 2026 aan die gewilde Greyt Bash-kriekettoernooi deelneem.

Die leerders wat verkies is, is:

  • Diederik de Vos
  • Jaden Geldenhuys
  • Roelof Herbst
  • Nicolaas Vermeulen

Hulle verteenwoordig saam met spelers van Hoërskool Jim Fouché en Hoërskool Sentraal ’n gesogte span van slegs twaalf deelnemers. Hierdie keuringsproses beklemtoon die besondere prestasie van elke speler wat ’n plek in die span verwerf het.

’n Verdere mylpaal is behaal deur Diederik de Vos en Jaden Geldenhuys, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar gekies is. Die twee het reeds in 2025 deel uitgemaak van die wenspan wat die Greyt Bash-titel met trots huis toe gebring het.

Hoërskool Fichardtpark spreek sy waardering en trots uit oor die vier spelers se uitsonderlike prestasie en wens hulle alle sukses toe vir die komende toernooi. Die skool glo dat hulle die Fichie-kleure met waardigheid en ywer sal dra.

https://www.fpark.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article