Graad 8’s – Hoërskool Ermelo, in Mpumalanga het hul Groentjies-atletiek op 13 Januarie gehou.

Graad 8’s, beter bekend as “pitte”, het hul heel beste gegee en baie talent getoon. Die Pit-letiek was n reuse sukses te danke aan elke pit se deelname.

Item-wenners van die Groentjies-atletiek was as volg: Luan Greyling (100M & 400M); Marlioné Erasmus (100M & 400M); JJ Erasmus (Gewigstoot & Skyfwerp); Tilana Uys (Gewigstoot); Danisha Badenhorst (Skyfwerp); Thandolwetu Madonsela (Long Jump); Keana Joubert (Verspring); WJ Pretorius (Hoogspring); Jani Uys (Hoogspring); Dick Rouillard (Spiesgooi) en Loriesa Swart (Spiesgooi).

Graad 8's - Hoërskool Ermelo hou Groentjies-atletiek
Graad 8’s – Hoërskool Ermelo hou Groentjies-atletiek. Foto vlnr: Marizel van Niekerk, Luan Greyling en Danisha Badenhorst,

Baie geluk aan die deelnemers met julle puik vertonings.

Erries is opgewonde om te sien hoe hulle “pitte” na die beste van hul vermoëns gaan ontwikkel.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article