Gimnastiek Suid-Afrika. Hoërskool Linden is baie trots op Jeanne-Marié Kitshoff. Sy is die afgelope naweek tydens Gimnastiek Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling met een van die hoogste toekennings in die sport vereer.
Sy is aangewys as die Top Junior Ritmiese Gimnas in Suid-Afrika en het haar Protea-kleure met trots ontvang. Dit is ‘n prestasie wat haar uitstaande seisoen bekroon en haar plek onder die land se voorste jong atlete bevestig.
Kitshoff het reeds haar voorbereidings vir die komende seisoen begin. Jeanne-Marie neem aktief deel aan kompetisies wat as voorbereiding vir die provinsiale kampioenskappe dien. Haar toewyding en volgehoue harde werk beloof ‘n seisoen vol nuwe hoogtepunte.

Hoërskool Linden wens haar alle sukses toe vir die uitdagings wat voorlê. Die skoolgemeenskap sien met verwagting uit na verdere oorwinnings wat haar talent en vasberadenheid ongetwyfeld sal meebring.







You must be logged in to post a comment.