World Championships of Performing Arts (WCOPA) in Las Vegas, VSA
Clea het ook ’n persoonlike uitnodiging ontvang van ‘n beoordelaar van ’n opname-ateljee in Los Angeles

Clea Nel skitter internasionaal by WCOPA!

World Championships of Performing Arts (WCOPA) in Las Vegas, VSA
Clea het ook ’n persoonlike uitnodiging ontvang van ‘n beoordelaar van ’n opname-ateljee in Los Angeles

Hoërskool Durbanville se eie Clea Nel het tydens die afgelope skoolvakansie Suid-Afrika met trots verteenwoordig by die World Championships of Performing Arts (WCOPA) in Las Vegas, VSA. Die kampioenskap is aangebied met 359 deelnemers van oor die wêreld.

Met 7 Solo Sangitems het Clea Nel die verhoog verower in die 13- tot 15 ouderdomsgroep. Sy het die volgende indrukwekkende prestasies behaal:

  • 1 x Goud medalje
  • 2 x Silwer medaljes
  • 2 x Brons medaljes
  • Divisiekampioen in Solo Sang

Asof dit nie genoeg is nie, het Clea ook ’n persoonlike uitnodiging ontvang van een van die beoordelaars wat ’n opname-ateljee in Los Angeles bestuur – ’n groot geleentheid wat haar talent verder kan laat blom.

World Championships of Performing Arts (WCOPA) in Las Vegas,
Clea Nel

Durbies is ongelooflik trots op jou en jou merkwaardige prestasie op die wêreldverhoog, Clea!

https://durbanvillehs.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article