Gekies vir die Kollig. Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm. Vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.

Dié topagtfinaliste word in Julie na die stel van Gekies vir die Kollig genooi, waar hulle onder die magnetiese inspirasie van vanjaar se vier mentors – Jacques Bessenger, Marlo Minnaar, Lindsey Abrahams en Hannah Borthwick – hul tegniek en spel sal slyp. In hierdie laaste fase, net voor hul televisiedebuut, wag daar nuwe energie, inspirasie en ’n verrassende kinkel…

Want in 2025 wag daar nie net vier episodes nie, maar vyf! Dis reg – die wentelbaan is langer, die aantrekkingskrag sterker en die uitdaging groter. Dié ekstra episode bring ’n vars aanslag vir deelnemers én ’n nuwe spanningselement vir kykers.

Splinternuwe beoordelaarspaneel

Die finaliste se werk sal in die program beoordeel word deur ’n splinternuwe beoordelaarspaneel wat geen vorige blootstelling aan hul produksies gehad het nie. Hierdie objektiewe benadering verseker dat elke produksie op sy eie magnetiese meriete beoordeel word.

Solomon Cupido keer met sy kenmerkende charisma as aanbieder terug en is gereed om nie net voor die kamera leiding te verskaf nie, maar ook agter die skerms wenke met die finaliste te deel.

Volgens JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, was vanjaar se seisoen een wat getuig van kreatiewe aantrekkingskrag.

“Daar was ’n duidelike energie wat sekere deelnemers eenvoudig na die kollig aangetrek het. Hierdie agt finaliste het ’n soort swaartekrag van talent wat nie misgekyk kon word nie.”

Hier is die topagtfinaliste van ATKV-DigiToneel 2025:

Naam van deelnemerSkoolProduksie
Eduard de VilliersImprov Studios (Johannesburg)Skop
Ethan BesterHoërskool Waterkloofwondermooi
Janru SteenkampHoërskool Durbanville’n Montage vir die man in die maan
Keagan CooperHoërskool NoordheuwelOudi(sies)
Line AllenHoërskool Noordheuwel’n Lem sonder ’n landlyn
Moya ErasmusHoërskool Die WilgersDie somtotaal van sewentien
Nina StrydomHoërskool Parel ValleiWou jy my iets vra?
Zanje BodensteinHoërskool Die WilgersSkooldasse breek nie

Maak gereed om vasgevang te word in die aantrekkingskrag van Gekies vir die Kollig, wat vanaf Oktober 2025 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word.

Dis magneties. Dit is kragtig. Dis die volgende wentelbaan van Afrikaanse jeugteater.

Eduard de Villiers
Keagan Cooper
Janru Steenkamp
Line Allen
Zanje Bodenstein
Moya Erasmus

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://nories.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article