Vier graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo is aangewys as deel van die Mpumalanga top twintig in die ATKV-Senior Afrikaanse Olimpiade:

Zara Büchling behaal 76,67% en eindig sewende. Sy is ook onder die top 100 Nasionaal.

Alana Leibbrandt neem twaalfde plek in met 74%, Lianie Jansen van Vuuren is sestiende met 70% en André Strauss is nommer twintig met 68,67%.

Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries.

EHS is besonder trots op hierdie uitsonderlike prestasie!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article