Hoërskool Ermelo se Errie-Netbalmeisies het Mpumalanga met trots tydens die Nasionale Toernooie verteenwoordig.
Hoogtepunte:
- Abigail Homan is gekies as een van die Top 35 o/16‑spelers in Suid‑Afrika.
- Juf. Lee‑Ann Botha, spanbestuurder van die Mpumalanga o/12‑span, het haar span na ’n 1ste plek landwyd gelei.
- By die Bokkies Netbal is Miescke Mostert vir die Duikerspan gekies, terwyl Michelle van der Merwe en Leané du Plessis vir die Uitnodigingspan gekies is.

Erries is ongelooflik trots op al ons spelers wat Erries en Mpumalanga met onderskeiding verteenwoordig het. Baie geluk en dankie dat julle die Erries se naam hoog hou!







You must be logged in to post a comment.