Elrico Weideman Gouties rugbyspeler, maak sy skool uiters trots met sy uitstaande rugbyprestasies! Gedurende die skoolvakansie het hy aan die o.17 NFS Badgers-rugbytoer deelgeneem – ’n prestasie wat groot lof verdien.
Vroeër vanjaar is Elrico ook deur SBR Adventures gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig as deel van die o.17 Next Gen Rugby-toer in Thailand – nóg ’n merkwaardige mylpaal in sy groeiende rugbyloopbaan.
Hierdie geleenthede bied vir Elrico waardevolle ervaring, persoonlike ontwikkeling en die kans om sy talent verder te slyp. Goudveld Hoërskool is uiters trots op Elrico en glo dat die beste nog voorlê.






