Eden Mini 2 Tennistoernooi - Hoërskool Framesby uiters trots
Eden Mini 2 Tennistoernooi – Hoërskool Framesby uiters trots

Eden Mini 2 Tennistoernooi – Hoërskool Framesby uiters trots


Eden Mini 2 Tennistoernooi. Hoërskool Framesby, Gqeberha, is uiters trots op hul tennis-kampioen, Eben Peens. Hy het die afgelope naweek die Eden Mini 2 Tennistoernooi gewen. Eben het deurgaans uitstekende spel gelewer en nie ’n enkele stel verloor tot by die eindstryd nie.

In die finale het hy die top-gekeurde speler in reguit stelle, 6-4, 6-2, oortuigend geklop. Eben se prestasie is ’n bewys van sy talent en toewyding, en ons sien met groot verwagting uit na wat die toekoms vir hom inhou.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.framesby.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article