ECHS-toernooi. Laerskool Wierdapark se hokkiespelers het die afgelope naweek aan die ECHS-toernooi deelgeneem. Tydens die gesogte ECHS-toernooi in Bloemfontein het Wierdapark hul staal gewys en met puik prestasies die skool se naam hoog gehou. Wierdas het met trots en deursettingsvermoë deelgeneem en die toernooi met verskeie hoogtepunte afgesluit.
Toernooi-uitslae
- 0.12 A-seuns: Wen goud na ’n onoorwonne reeks van sewe wedstryde, vyf oorwinnings en twee gelykop-uitslae. Die span het 12 doele aangeteken en geen doel afgestaan nie. Dis ’n uitsonderlike prestasie wat hul plek as kampioene verseker het.
- 0.10 A-seuns: Eindig as naaswenners.
- 0.10 A-dogters: Eindig as naaswenners.
- 0.12 A-dogters: Behaal ’n verdienstelike vierde plek.
- 0.13 A-dogters: Eindig as naaswenners.








Spesiale toekennings
Spelers wat spesiale toekennings ontvang het is:
- Janu Pretorius – Beste voorspeler van die toernooi
- Ludwig Coetzee – Beste verdediger van die 0/12-afdeling
- Lihan Brits – Beste doelwagter van die 0/11-afdeling
- JC van der Westhuizen – Beste verdediger van die 0/13-afdeling
- Amoné Lotz – Beste middelveldspeler van die 0/10-afdeling
- Juf. Lisa – Mees entoesiastiese afrigter van die toernooi


Trots en waardering
Die prestasies van die Wierdas-spanne getuig van harde werk, spanwerk en ’n onwrikbare gees van deursettingsvermoë. Elke speler, afrigter en ondersteuner het ’n sleutelrol gespeel in die sukses van die naweek. Laerskool Wierdapark is uiters trots op hul hokkiespelers wat met soveel passie en toewyding die skool se naam in Bloemfontein laat skitter het.







You must be logged in to post a comment.