Centurion-fotograwe skitter op Nasionale én Internasionale vlak
Tweede op die PSSA se internasionale jeugranglys

Centurion-fotograwe skitter op Nasionale én Internasionale vlak


Centurion-fotograwe skitter! Tydens die PSSA Jeugtoekenningsfunksie op 18 Julie 2026 by die Pioniersentrum van die Voortrekkermonument is verskeie Hoërskool Centurion-leerders vir hul uitsonderlike prestasies in fotografie vereer.

Centurion-fotograwe skitter op Internasionale Jeugranglys

  • Esias Riekert: 8ste op die PSSA se internasionale jeugranglys
  • Isabella von Wielligh: 9de op die PSSA se internasionale jeugranglys

Merie Langner se Prestasies

  • CoE met Onderskeiding
  • CoE Versatile
  • 3de op die PSSA se nasionale Impala-ranglys
  • 2de op die PSSA se internasionale jeugranglys
  • Honourable Ribbon tydens die V International Youth Photo Contest “No Frames” in Rusland
  • NFIAP – eerste skoolgaande leerder in Suid-Afrika wat hierdie internasionale FIAP-onderskeiding ontvang

Klubprestasie

Die Hoërskool Centurion Fotografieklub is aangewys as:

  • 2de beste klub in Suid-Afrika op die PSSA Nasionale Trofee-ranglys
  • Wenners van die PSSA Rising Star Internasionale Trofee vir die tweede agtereenvolgende jaar

Baie geluk aan al die fotograwe! Julle talent, kreatiwiteit en harde werk maak Hoërskool Centurion trots en dra die naam met onderskeiding uit – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd.

https://hscenturion.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article