Foto: Liné Greyling

Die 16-jarige Liné Greyling, tenniskaptein van die Hoër Meisieskool Oranje, is die kampioen van die Vrystaat Mini-tennistoernooi se ope-afdeling vir vroue. Die toernooi het die naweek in Bloemfontein plaasgevind.

Liné het haar skoolmaat Cayline le Grange (17) in die eindstryd met 6-2 6-1 verslaan.

Met die o.16-afdeling se eindstryd het Donna le Roux (13) teen Ansoné Theron (13) met 6-0, 6-1 geseëvier. Albei is vanjaar gr. 8-leerders in Oranje.

Oranje se Zané Volschenk (13) was in die o.14-eindstryd teen Jahnie van Zyl van Noordwes (4de op die nasionale ranglys vir o.14’s) baas. Die telling was 6-4, 4-6, 10-4.

Baie geluk, meisies!

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article