Dirk Postma-leerder behaal top-10 plek in Gauteng leeskompetisie
Tjaart Enslin behaal sesde plek

Dirk Postma-leerder behaal top-10 plek in Gauteng leeskompetisie


Pretoria – Die Gereformeerde Skool Dirk Postma kondig met trots aan dat een van hul gr 6-leerders, Tjaart Enslin, hierdie week ’n uitmuntende 6de plek in Gauteng behaal het tydens die nasionale Reading Riot-leeskompetisie.

Die kompetisie, wat jaarliks deur EyeBrainGym en Lectorsa aangebied word, toets die stilleesspoed en begrip van graad 6-leerders regoor Suid-Afrika. Vanjaar het sowat 12 000 leerders uit al nege provinsies deelgeneem. Dit is ’n bewys van die groot omvang en waarde van die projek.

Skoolhoof, Mev. Saskia Meijer, sê die prestasie is ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap:

“Ons skool is dankbaar vir geleenthede soos hierdie kompetisie waar leerders waardevolle blootstelling en ervaring kan opdoen. Ons graad 6-leerders van volgende jaar gaan beslis ook inskryf.”

Dirk Postma-leerder behaal top-10 plek in Gauteng leeskompetisie

Hierdie prestasie bevestig Gereformeerde Skool Dirk Postma se verbintenis tot akademiese uitnemendheid en die ontwikkeling van leerders se vaardighede wat hul toekoms sal versterk.

https://www.gsdp.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article