Helpmekaar Kollege het sy nuwe leerlingraad vir 2027 amptelik bekendgemaak. Adam Korb is as hoofseun aangewys, terwyl Kara-Mia Botma die leisels as hoofmeisie sal neem.

Hulle word bystaan deur ‘n sterk span mede-leiers:

  • Matheia Casanoves
  • Enrique Bosch
  • Lienke Olivier
  • Rikus Brink
  • Esti Kotze
  • Jude Hattingh
  • Carla Boshoff
  • Charlie Baard.
Nuwe Leerlingraad vir 2027 gereed om Helpmekaar na nuwe hoogtes te lei

Dié nuwe leerlingraad vir 2027 staan voor ‘n opwindende uitdaging om die skool se tradisies voort te sit en ‘n positiewe verskil op die Bult te maak. Die skoolbestuur het hul volle vertroue in die nuwe raad uitgespreek en beklemtoon dat leierskap oor meer as net ‘n titel gaan. Dit vereis moed, deernis en ‘n opregte dienende hart vir hul mede-Helpies.

Met die aankondiging heers daar ‘n gevoel van trots en verwagting onder sowel personeel as leerders, wat uitsien na die vars energie en visie wat hierdie span na die skoolgemeenskap sal bring.

https://www.helpmekaar.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article