Dink of Sink Nasionaal - Sekondêre Meisieskool Oranje
Dink of Sink Nasionaal – Sekondêre Meisieskool Oranje

Dink of Sink Nasionaal – Sekondêre Meisieskool Oranje


Dink of Sink Nasionaal. Sekondêre Meisieskool Oranje se seniordebatspan is vir die vierde keer agtereenvolgens die wenner in die sentrale streek se Dink-of-Sink-Nasionaal debatskompetisie.

Hulle sal in Oktober teen die ander streekswenners meeding. Nege skole en 26 spanne het Donderdag by Oranje sake in dié onvoorbereide debatte uitgespook.

Die wenspan, bestaande uit Cara Conradie, Bea du Toit en Daniëlle Herbst, is die streekwenners. Hulle het in die finaal teen nog ‘n OMS-span (Brigitte von Maltitz, Jacomi van Tonder en Anabelle Laubscher) meegeding.

Nina Bloem, Miné Truter en Ellé Cloete se span was die naaswenner onder die juniors.

Ellé Cloete, Jacomi van Tonder en Daniëlle van Tonder Beste Afrikaanse gebruik in ‘n lokaal

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article