Die groot trap - Hoërskool Eldoraigne blink uit
Die groot trap – Hoërskool Eldoraigne blink uit

Die groot trap – Hoërskool Eldoraigne blink uit


Die groot trap. Die bergfietsryers van Hoërskool Eldoraigne in Pretoria het die naweek met trots aan 90.5 se Die Groot Trap-fietswedren deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Die Eldo-span het hul skool se naam hoog gehou met sterk posisies in verskillende ouderdomskategorieë.

Uitslae:

  • Andri Grey – 1ste plek in sy ouderdomskategorie (15 km)
  • Petrus Wiese – 2de plek in sy ouderdomskategorie (15 km)
  • Aiden Delport – 3de plek in sy ouderdomskategorie (30 km)
  • Kay-Lee Groenewald – 6de plek in haar ouderdomskategorie (30 km)

Die prestasies van hierdie ryers wys dat Eldo-bergfiets nie net deelneem nie, maar werklik kompeteer teen die beste. Hulle toewyding en harde werk bring groot trots vir die skoolgemeenskap.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hseldo.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article