Bloemfontein – Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, is trots om aan te kondig dat Dian Lotriet op 14 September aan die Suid-Vrystaat Tweekampproewe by die Universiteit van die Vrystaat deelgeneem het. Met ’n puik vertoning het hy die 3de plek in die seuns o.17-afdeling behaal.

Hierdie prestasie het aan hom ’n plek in die Suid-Vrystaat A-span besorg. Dian sal die provinsie met trots verteenwoordig tydens die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms wat op 3 Oktober in Bloemfontein plaasvind.

Hoërskool Jim Fouché wens Dian Lotriet alle sukses toe en glo dat hy ’n sterk bydrae tot die span se prestasie sal lewer.

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article