BETHLEHEM – Denis Long (18), ’n matrikulant aan Hoërskool Witteberg, bewys dat nuuskierigheid, deursettingsvermoë en ’n passie vir tegnologie tot merkwaardige innovasie kan lei. Sy jongste prestasie is die ontwikkeling van , ’n indrukwekkende robotarm wat deur middel van ’n spesiaal ontwerpte handskoen beheer word.

Die tegnologie stel die robotarm in staat om die bewegings van die gebruiker se hand akkuraat na te boots. Hierdie projek is die resultaat van jare se belangstelling in tegnologie en probleemoplossing. Hy het ook ’n sterk begeerte om nuwe moontlikhede te verken.

ArmBrain is boonop as ’n oopbronprojek ontwikkel. Dit beteken dat ander tegnologie-entoesiaste daarop kan voortbou, verbeterings kan aanbring en verdere toepassings daarvoor kan ontwikkel. Hierdie benadering bevorder samewerking, kreatiwiteit en voortdurende innovasie.

Denis se belangstelling in tegnologie het reeds op vyfjarige ouderdom begin. Hy damme in die sand ontwerp en gebou. Sy nuuskierigheid het later daartoe gelei dat hy ou elektroniese toestelle uitmekaar gehaal het om te verstaan hoe dit funksioneer. Gedurende die Covid-19-pandemie het hy reeds sy vernuf ten toon gestel deur ’n outomatiese vullisdrom te ontwerp en te bou.

Die projek dien ookas ’n inspirerende voorbeeld van hoe jong mense tegnologie kan gebruik om kreatiewe oplossings vir die toekoms te ontwikkel.

Hoërskool Witteberg is besonder trots op Denis se innoverende ingesteldheid en sy vermoë om idees in praktiese tegnologiese oplossings te omskep. Sy prestasies getuig van die gehalte talent wat binne die skoolgemeenskap ontwikkel word en dien as inspirasie vir mede-leerders om groot te droom en nuwe moontlikhede te ondersoek.

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article