COSASSA Spele. Hoër Meisieskool Oranje se Mienke Botha, ’n graad 10-leerder, is gekies vir die SA- Skole-atletiekspan. Sy gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die COSASSA Spele in Zimbabwe aan die einde van Augustus.

Mienke sal in die 400 meter-item meeding. Sy het vanjaar reeds haar merk in die 400 m gemaak. Tydens die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap het sy ‘n bronsmedalje in die 400 m (o.17) verower.

By die Vrystaat-kampioenskap het sy verder geskiedenis gemaak deur die provinsiale rekord ná 12 jaar te verbeter. Haar tyd van 57.16 sekondes is tot 56.67 sekondes verskerp.

Dit is ’n prestasie wat haar as een van die land se voorste jong atlete uitlig.

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article