Con Spirito-kompetisie - Oranje weer nasionale naaswenners
Hoër Meisieskool se debatwenners

Con Spirito-kompetisie – Oranje weer nasionale naaswenners


Hoër Meisieskool Oranje se debatduo, Anabelle Laubscher en Thiamé Hoffman, het vir die tweede keer vanjaar ’n nasionale silwerplek behaal. Hulle het aan die Con Spirito-kompetisie deelgeneem.

Die twee gr. 12-leerders het onlangs tweede geëindig in die senior afdeling van die Con Spirito-kompetisie se nasionale ronde. Slegs ’n maand tevore het hulle ook ’n tweede plek in die gesogte ATKV-debatkompetisie verower.

Oranje se debatspan het verdere glans gekry toe Danaé du Plessis en Miné Truter ’n vyfde plek onder die seniorleerders behaal het.

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article