ATKV-debatkompetisie - Oranje debateerders behaal silwer
Anabelle Laubscher en Thiamé Hoffman. (Foto verskaf)

ATKV-debatkompetisie – Oranje debateerders behaal silwer


ATKV-debatkompetisie. Twee graad 12-leerders van Hoër Meisieskool Oranje, het deelgeneem aan die ATKV-debatkompetisie. Anabelle Laubscher en Thiamé Hoffman, het hul skool landwyd op die debatkaart geplaas. Hulle het as nasionale naaswenners in die gesogte ATKV-debatkompetisie se senior afdeling geëindig.

Die prestasie is besonder merkwaardig aangesien dit die eerste keer in ’n dekade is dat Oranje weer in die top twee posisies verskyn. In 2016 het ’n junior span van die skool dieselfde eer behaal.

Wat die sukses nóg meer opvallend maak, is dat Thiamé eers verlede jaar met debat begin het. Onder leiding van afrigter mev. Adéle Dempers het die span hul plek in die nasionale eindrondte verseker. Hulle het in vroeë rondtes telkens onder die top twee uit ’n veld van 44 en later 16 spanne geëindig.

In die eindstryd het die Oranje-duo kragte gemeet met die Afrikaanse Hoër Seunskool. Oranje was een van slegs 16 spanne wat die nasionale rondte gehaal het – ’n bewys van die hoë standaard en toewyding van die skool se debatprogram.

https://oranjemeisies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article