FBI Skolesjef-kompetisie - Fichardtpark-leerder blink uit
Rudi Smit (Foto voorsien)

FBI Skolesjef-kompetisie – Fichardtpark-leerder blink uit


FBI Skolesjef-kompetisie. Drie talentvolle Verbruikerstudies-leerders van Hoërskool Fichardtpark het Saterdag, 1 Augustus 2026, hul kookvernuf ten toon gestel. Hulle het deelgeneem aan die Vrystaatse finaal van die FBI Skolesjef-kompetisie.

Daar was agt finaliste wat die provinsie se beste jong sjefs verteenwoordig het. Rudi Smit, Twané van der Merwe en Perla Taljaard was finaliste van Hoërskool Fichardtpark. Die deelnemers moes ’n vegetariese voorgereg en ’n hoofgereg, met Marlu-vark as kernbestanddeel, voorberei en dit met gepaste bygeregte afrond.

Na drie ure se intensiewe beplanning, kreatiewe denke en noukeurige uitvoering, het die Fichardtpark-span hul geregte stylvol aan die beoordelaars voorgesit.

FBI Skolesjef-kompetisie - Fichardtpark-leerder blink uit

Rudi Smit het uitgestaan deur die higiëne-afdeling te wen en algeheel derde te eindig. Hy is beloon met ’n studiebeurs van R20 000. Perla Taljaard en Twané van der Merwe het elk ’n beurs van R15 000 verwerf vir hul uitmuntende deelname.

Die skoolgemeenskap is trots op hierdie drie jong sjefs wat met hul talent en toewyding Fichardtpark se naam hoog gehou het.

https://www.fpark.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article