Bethlehem Voortrekker Hoërskool se o.15- en o.17-sewes-rugbyspanne het die afgelope naweek hul krag en talent ten toon gestel tydens die Sentraal Sewes-rugbytoernooi.
🔹 o.17-span
Die span het ’n indrukwekkende reeks oorwinnings behaal:
- Landboudal 51–7
- Sentraal 31–14
- Welkom Gim 2 51–0
- Hangklip 54–0
- Goudveld (kwartfinaal) 43–28
Hulle moes egter in die halfeindstryd die knie buig teen Grey Kollege met 14–33.
🔹 o.15-span
Die jong span het ewe dapper vertoon:
- Grey B 26–12
- Louis Botha 43–0
- Trio 14–14
- Mangaung 68–0
- Fichardtpark (kwartfinaal) 17–22
Met vasberadenheid het hulle teruggeveg en die plaatfinaal teen Hoërskool Sentraal met 21–0 gewen.

Hierdie prestasies bevestig die gees van uitnemendheid wat die Trekkers dra.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.