BloemBledon-toernooi. Laerskool Truida Kestell se Colene Koch (Gr. 5) het op Saterdag, 18 Julie deelgeneem aan die Bloembledon-toernooi. Dit het in Bloemfontein plaasgevind. Dit was ‘n vrolike dag wat gevoel het soos ’n klein Wimbledon in die Vrystaat.
Die spelers het op grasbane gespeel, almal in stylvolle Wimbledon-uitrustings, en natuurlik was daar die klassieke aarbeie en room om die dag ekstra spesiaal te maak.
Colene het met groot entoesiasme in die o/11 gemengde afdeling deelgeneem. Sy het haar tennisvaardighede gewys. Sy behaal ’n puik negende plek uit 26 spelers en was die derde beste meisie in die groep. Dit is ’n prestasie wat wys dat sy nie net die raket kan swaai nie, maar ook die gees van die spel leef.
Hierdie toernooi was voorwaar ’n fees van gras, rakette en aarbeie!
“Truidjies is baie trots op jou Colene!”






