Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe. Atlete van HTS Middelburg het aan die Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe (ASA) deelgeneem waar hulle Mpumalanga verteenwoordig het. Hulle het prag- prestasies behaal.

  • Ulrich Dreyer: verower ‘n silwer medalje vir verspring, seuns o.16, met ‘n skitterende afstand van 6,55m.
  • Chris-Mari Bezuidenhout het met ‘n besonderse afstand van 16,68m, ‘n 3e plek behaal in Suid-Afrika.
  • Kayla Coetzee: 3000m – sewende; 1500m – agtste
  • Lika Olivier: 800m – vyfde
  • WJ Frazer: 400m hekkies – sewende; 400m hekkies – agtste
  • Logan Nienaber: Diskus – sesde
  • Tercius Bezuidenhout: Spiesgooi – agtste
  • Melissa Esteves: 100m – elfde
  • Mischke Clark: Hoogspring – tiende
  • Tosca Easton: Hoogspring – elfde
  • Marius Enslin: 800m – sewentiende

Nege Rooies-atlete het in hul onderskeie items onder die Top 8 in die land geëindig.

Die atlete is tans in die Paarl waar hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Kampioenskappe deelneem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://htsmiddelburg.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article