ATKV-Redenaarskompetisie - Truida Kestell-leerders skitter
Muhammad Latiff (Foto’s verskaf)

ATKV-Redenaarskompetisie – Truida Kestell-leerders skitter


ATKV-Redenaarskompetisie. Vier leerders van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem het hul skool met trots verteenwoordig. Hulle het op 5 Augustus deelgeneem aan die nasionale finaal van die ATKV-Redenaarskompetisie by Klein-Kariba.

Die leerders wat deelgeneem het is:

  • Richardt Otto (gr. 3)
  • Marx Geldenhuys (gr. 3)
  • Andries van der Walt (gr. 5)
  • Muhammad Latiff (gr. 6)

Hulle het almal met oortuiging en selfvertroue aan hierdie gesogte landswye byeenkoms deelgeneem.

Die hoogtepunt van die dag was Muhammad Latiff se merkwaardige prestasie. Hy het nie alleen die toekenning vir Beste Taalgebruik ontvang nie, maar is ook aangewys as die Nasionale Wenner van sy kategorie. Ricardo Otto het ‘n vierde plek verower. Hierdie twee sprekers het onder die top 5 van die ATKV nasionaal geëindig. Hierdie uitsonderlike prestasie het groot trots en vreugde by die Truidjies ontlok.

Laerskool Truida Kestell se gemeenskap is baie trots op hierdie vier leerders.

Truida Kestell se naam is weereens met waardigheid op die nasionale verhoog bevestig.

https://truidakestell.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article