Hoërskool Kemptonpark is trots om aan te kondig dat Arno Hübsch gekies is vir die o.23-A Mans Ekurhuleni-Noord Provinsiale Ringbalspan. Die span het aan die Nasionale Ringbalkampioenskappe deelgeneem, saam met 12 provinsies.
Op grond van sy uitmuntende prestasie is Arno ook gekies vir die o.23-Mans SA-Uitnodigingspan en het hy sy SA-kleure verwerf.

Baie geluk aan Arno met hierdie besondere prestasie. Die Kempies-familie wens jou alle voorspoed toe met sy komende SA vertoonwedstryde.







You must be logged in to post a comment.