Allegretto Toneelfees. Hoër Meisieskool Oranje se produksie “(S)inK” het onlangs groot lof by die Allegretto Toneelfees in Springs ontvang. Die toneelstuk het ’n derde plek behaal in die Gampu Week Twee-halfeindrondte, waar 19 skole aan die kompetisie deelgeneem het.
Benewens die algehele prestasie, is Oranje ook in twee kategorieë vereer: Beste beligting en Beste tegniese aspekte – ’n bewys van die span se professionele afwerking en tegniese vernuf.
Goue toekennings
Die volgende toekennings is behaal:
- Danaé du Plessis en Miné Truter vir spel
- Mila Barrat as klankoperateur
- Hanna Vorster as beligtingsoperateur
- Lumé Olivier as verhooghulp
- Choreografie
- Dekor
- Kostuums
- Tegniese versorging
Silwertoekennings
- Kaylin Maartens en Lisa Lintvelt vir spel
- Ensemble
Nominasies
- Beste choreografie
- Beste klankoperateur
- Beste dekor
- Beste kostuums
- Beste ensemble
- Beste produksie
- Beste regie
- Beste klanksamestelling
Die prestasies bevestig Oranje se reputasie as ’n skool wat nie net akademies en sportief uitblink nie, maar ook ’n sterk kultuurtradisie handhaaf. Die toneelspan se harde werk en kreatiewe samewerking het die gehoor en beoordelaars beïndruk en die skool se naam met trots op die nasionale verhoog geplaas.






