FAK Allegretto-toneelfees - Sekondêre Meisieskool Oranje
FAK Allegretto-toneelfees – Sekondêre Meisieskool Oranje

FAK Allegretto toneelfees – Sekondêre Meisieskool Oranje


FAK Allegretto-toneelfees. Twee leerders van Sekondêre Meisieskool Oranje, Caitlin Erasmus en Dominique du Plessis, is op die FAK Allegretto-toneelfees vereer vir Oranje se produksie “DOP”.

“DOP” is een van sewe toneelstukke (uit 170 deelnemers landswyd) wat na die eindronde in Pretoria deurgedring het.

  • Caitlin Erasmus (graad 11) het vir die viede keer by ‘n toneelfees vanjaar met ‘n toekenning weggestap. Dié keer as die mees belowende vroulike speler.
  • Medespeler Dominique du Plessis (graad 12) is vereer vir beste choreografie.

Oranje was ook vir vier ander toekennings benoem:

  • Beste drama – “DOP”
  • Beste beligtingsontwerp – mev. Lynmari Brink en me. Chanmari Erasmus.
  • Beste klankhantering – Theresa-Louise Fourie.
  • Beste vroulike hoofrol – Caitlin Erasmus

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article