Afrikaanse Ekspo - Hoërskool Ermelo presteer
Afrikaanse Ekspo – Hoërskool Ermelo presteer

Afrikaanse Ekspo – Hoërskool Ermelo presteer


Afrikaanse Ekspo. Foto van links, Voor: An-Euné van Niekerk, Sbongakonke Madela, Kara McKenzie, Melokuhle Mashabane; Agter: JF Möller, Mar-Louise Viljoen, Abigail Ekermans, Franco Gibbens

Nege leerders van Hoërskool Ermelo het vanjaar vir die Afrikaanse Ekspo ingeskryf en as volg presteer:

Dubbelgoud (90%-100%)

  • Word behaal deur JF Möller (opstel) 96%
  • Kara McKenzie vir al vyf haar ingeskrewe werke: (gedig: Die verlore stuk) – 94%, (gedig: Toe kom toekoms) – 92%, (kortverhaal: Tuimeltrein) – 92%, (kortverhaal: Laat los) – 92% asook (gedig: ‘n Besorgde ma) – 90%.

Goud (80-89%) Word behaal deur vyf leerders:

  • Franco Gibbens (kortverhaal) – 86%
  • Mar-Louise Viljoen (kuns) – 82%
  • Melokuhle Mashabane (opstel) – 82%
  • Sbongakonke Madela (opstel) – 80%
  • An-Euné van Niekerk (opstel) – 80%
  • Abigail Ekermans behaal silwer (70%-79%) vir haar kunsinskrywing – 78%.
  • ‘n Besondere eer val JF Möller te beurt wat as nasionale kategoriewenner aangewys word in die afdeling opstelle graad 12.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article