Affies Tennisdogters skitter en die skool vier met trots die merkwaardige prestasies van hul tennisdogters wat die vakansie hul talent landwyd gewys het.

Jessé de Villiers (gr. 10)

Onstuitbaar en briljant – Jessé is gekroon as enkels- én dubbelskampioen by die GN Wintertoernooi in Pretoria. Sy het ook die Amex GE Super 8-toernooi in Benoni gewen en die dubbelstitel saam met Lika Claasens (Oranje Meisieskool) ingepalm.

Tinéka Strydom (gr. 10)

In die sterk o.16‑afdeling het Tinéka haar staal gewys: 10de plek in enkels en ’n plek in die dubbels-halfeindronde.

Diane de Jager (Gr. 11)

Diane het teen ouer teenstanders in die vroueafdeling meegeding en met ’n indrukwekkende 15de plek afgesluit.

Affies Trots

Baie geluk aan die Affies Tennisdogters Jessé, Tinéka en Diane! Julle harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir tennis maak Affies ongelooflik trots.

https://ahmp.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article