Opgewonde Possies het vanoggend hul rapporte ontvang! Gelukkig help die maskers om ons warm te hou!

Primêre Skool Willem Postma is ‘n gemengde primêre skool met bykans 1000 leerders – graad 1 tot 7. Die skool is geleë in Dan Pienaar (noordelike voorstad) van Bloemfontein. “Ons leerders presteer puik in akademie, sport en kultuur.”

Graad 1 tot 3 klasse word beperk tot 30 leerders per klas. Graad 4 tot 7 word leerders beperk tot 35 per klas.

WEET WAAR Lê ONS KRAG:

  • God as Hoof

  • Gemotiveerde professionele personeel

  • Betrokke ouers

  • Vrymoedige leerders

‘n PLEK WAAR N STEWIGE GRONDSLAG GEVORM WORD:

  • Deur leerders op alle terreine, intellektueel, geestelik, emosioneel en liggaamlik te ontwikkel
  • Fokus op die holistiese vorming van leerders, eerder as oordrewe spesialisering
  • Balans oor n wye spektrum

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article