PIETERSBURG. 2027 Hoofleiers. Laerskool Pietersburg-Oos het tydens ’n spesiale geleentheid hul 2027 Hoofleiers bekend gemaak. Groot opgewondenheid en verwagting het die aand gevul met trots, en verwagtinge vir die jaar wat voorlê.

Die skoolgemeenskap het saamgekom om die nuwe leiers geluk te wens met hul verkiesing.

Die 2027 Hoofleiers wat aangewys is, is:

  • Jaunté Duvenage (hoofmeisie)
  • Iwan Dreyer (hoofseun).
  • Amy van As (onderhoofmeisie: Sosiaal)
  • Amelia Marx (onderhoofmeisie: Kultuur),
  • NJ Pretorius (onderhoofseun: Sport) en
  • Niel Opperman (onderhoofseun: Leerder-aangeleenthede).
2027 Hoofleiers van Pietersburg-Oos met trots ingehuldig
2027 Hoofleiers van Pietersburg-Oos met trots ingehuldig

Volgens die skool vorm die aanstelling van die nuwe leiers deel van die voorbereiding vir ’n jaar. Diensleierskap, verantwoordelikheid en persoonlike groei sentraal sal staan. Die leerders sal ’n belangrike rol speel om medeleerlinge te ondersteun en die waardes van die skool uit te leef.

Die inhuldiging het die begin van ’n nuwe hoofstuk vir die aangewese leiers ingelui. Hulle sal die geleentheid kry om ’n positiewe invloed op die skoolgemeenskap uit te oefen en as rolmodelle vir jonger leerders op te tree.

‘Laerskool Pietersburg-Oos spreek sy vertroue uit dat die 2027-leierspan die skool met onderskeiding sal verteenwoordig.’ Die skool sien daarna uit om die groep se bydrae tot akademiese, kulturele en sportaktiwiteite in die komende jaar te beleef.

Met sterk waardes, entoesiasme en ’n hart vir diens is die nuwe leiers gereed om hul verantwoordelikhede aan te pak en die skool se trotse tradisie voort te sit.

https://oosskool.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article