Weslander

SBM neem proaktiewe maatreëls om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom

Só lyk bek-en-klouseer. Foto: Wikimedia
Só lyk bek-en-klouseer. Foto: Wikimedia

Saldanhabaai Munisipaliteit neem met kommer kennis van die bevestigde gevalle van Bek-en-Klouseer (BKS) in die Drakenstein en Mosselbaai Munisipaliteite, sowel as aangemelde gevalle binne die Stad Kaapstad.

Ethne Lawrence, woordvoerder vir die Saldanhabaai-munisipaliteit werk die munisipaliteit in reaksie proaktief saam met Staatsveeartsenykundige Dienste, die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, die Wes-Kaapse Departement van Landbou en ander belangrike belanghebbendes om die implementering van streng biosekuriteitsmaatreëls regoor die Saldanhabaai-munisipale gebied te versnel.

Saldanhabaai-munisipaliteit werk proaktief om biosekuriteitsmaatreëls te implementeer.
Saldanhabaai-munisipaliteit werk proaktief om biosekuriteitsmaatreëls te implementeer.

“Munisipale spanne is op hoë gereedheidsgrondslag, en plaaseienaars en veehandelaars word versoek om ten volle saam te werk met wetstoepassing en verkeersdienste wanneer versoek om te voldoen aan bewegingsbeperkings en biosekuriteitsprotokolle. Sulke samewerking is noodsaaklik om die verspreiding van die siekte te bekamp.”

Lawrence sê die munisipaliteit doen ‘n ernstige beroep op alle boere, beide kommersieel en kleinskaal om aan alle voorgeskrewe biosekuriteitsvereistes te voldoen en verantwoordelik op te tree om hul vee en lewensonderhoud te beskerm.

“Die munisipaliteit sal voortgaan om nou saam te werk met die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, die Departement van Landbou en die Nasionale Departement van Landbou in gekoördineerde pogings om die verdere verspreiding van Bek-en-Klouseer te voorkom.

Enige verdagte gevalle of verwante bekommernisse kan aangemeld word by die Saldanhabaai-munisipaliteit se 24-uur Openbare Veiligheidsbeheerkamer. Kontak hulle by 022 701 6834.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article